Waar is al ons dames heen? (3 reaksie en 5 reaksie)
Sjoe die girls is baie stil, wat het van julle geworden Annie en Sneeuwitjie? Julle los my alleen met al hierdie warm manne om te entertain?
Sorry Plaasmeisie, my lewe is boetjie dol op die oomblik. Aan die trek en begin een van die dae by n nuwe werk. Die trek en die werk hou nie verband nie. Dis net bietjie chaos
Annie. Sterkte met die trek. (As ek beheer daaroor het sal ek nooit weer trek nie.)
Eish 'n nuwe werk ook! Dis stres!
Ek weet waar jy jou stres vlakke kan verlig. 🙂 Edeldierbare het 'n spesiale kamer vir daardie bederf ingerig. 😉
Aai Annie, ek is self al paar keer deur die trek en werk verandering situasies, nie maklik as albei so naby mekaar gebeur ook nie. Sterkte! Hoop ons kan weer een van die dae jou onverdeelde aandag kry 🙂
Hopelik doen hulle vir 'n rukkie lekker dinge waarvan hulle ons dan kan kom vertel. 😉 🙂
Dan wag ons maar almal in groot afwagting vir hulle lekker stories 🙂
Plaas Meisie
Jy kan die storievertel afskop met al die lekker dinge wat jy aangevang het en beplan om aan te vang. 🙂
Ons verstaan dat Madam Lus nie vertel nie want sy is baie besig om ons 'kuier-hoekie' beter te maak.
.
He-he, daar is nog vele dames meer. Maar die wispelturigheid van die vrou bly maar die aanvaarde norm.♥