50 - 50 (5 reaksie en 23 reaksie)
Wat is die vraag so dat jy sexuele lastering aan klag kan vermy as jy so vrou wil benaader wat jou bene lam maak. Die vraag? Sy kan mos net se ja of nee!!!! Dalk vind sy n vaal vol stof hard werkende afrikaanse boer seun met eelte op sy hande aantreklik. Sal nooit weet as jy nie vra nie of wat se julle. Al ooit n beeld skone dame net op geloop en reguit gevra........
Na aanleiding van Stroopsoet se vraag aan die begin van hierdie onderwerp 'n versoek aan die dames. Hoe sou julle wou hê n man moet julle benader en dan die vraag vrae.
Dis vir my nogal 'n moeilike vraag om te antwoord omdat ek weet ek anders as ander vroue reageer. Ek sien "die vraag" as 'n kompliment en iets waarvoor ek net ordentlik nee of ja mag sê. So ek sou dit nie so moeilik gemaak het nie - mens sou my net kon vra, reguit. 🙂
Ek gee nie om hoe ek gevra word nie, verkieslik reguit. Mans moet net ook die reguit antwoord kan hanteer
Nou ja. Here goes. Chat asb weer met my asb ??
Het sy jou nie 'n reguit antwoord gegee nie? hanteer dit...he-he-he
Nog geen antwoord gekry nie.....
Baie dankie Annelise en Annie, ek wens wraggies daar was meer dames in die samelewing soos julle twee.
Een iets wat ek nou al sit en wonder van toe Stroopsoet met sy vraag gevra het is, hoe sou dinge uitgedraai het as die senario omgedraai was, en die dames die mans moes vra. Inteendeel ek wonder hoeveel dames sou die moed gehad het om te vra.
Ja- want die mans se nooit nee nie!
Ek dink die groot probleem vandag is, as sy ja sê is jou kop deur, maar as sy nee sê en jy loop weg en daar gebeur dan niks, dan is jy ook nog okay - MAAR as sy nee sê, en sy gooi haar toys, dan kan jy in moewiese groit moeilikheid kom.
jip
Sjoe Annelise dis mooi sexy profile foto!!!!!!
Ja dis die geneuk!!! Dis hoekom ek beplan die wat jou glad nie ken nie. Baie keer in supermark sien jy n pragtige wese, dan kyk jy vir die ring. As die ring nie daar is nie dan begin die brien planne maak. Stap net oor en gee jou nommer met "tower woorde"en loop weg!!! Wel dis nog in my bucket list om te doen!!!
Daai al twee keer probeer. Eerste keer reggekom, tweede keer in my moer gestuur... Miskien moet ek daai storie skryf...
LOL!!! Well done Ramkat!!!! 50% dis n passss!!!! Ja skryf vir ons!!!!
Ek is al reguit gevra, het al nee gese en het al ja gese. Die wat nie nee vir n antwoord wil vat nie...wel ek het my maniere om hulle te hanteer. Nog nooit nodig gehad om die gereg in te roep nie
Oe lekker ek kan net hart klopping voorstel as jy die ja woord kry!!! Ek was maar nog altyd te skaam om so voor op wa te wees. Maar iets wat ek nog wil doen. En ja ek stem as man nie nee vir antwoord kan vat dan moet hy vas gevat word.
Oulike hondjie in daai foto...
Natuurlik! ...dis 'n WORS hond!☺
En Annie se keer op keer vir my NEE
Wys jou net hoe nice ek is ne
Pasop as begin toys uitgooi!
Annie- jy is spesiaal!!XX
Sy weet, maak geen fout nie...SY WEET ! ♥♥
Dus darem maar duidelik soos daglig, dat onse Skone Annie weet om n man te hanteer en om sy tong op die grond te laat sleep, ne.
Jip mens weet waar jy met haar staan
Maaaaar! As Annie ja se sal dit HEMELS wees dink ek